Kern doel van die pos:
Bou verhoudings. Ontwikkel markte. Lewer slim energieoplossings.
Minimum Vereistes:
- Graad 12;
- Basiese kennis van elektrisiteit en sonkragstelsels, insluitend sonpanele, omsetters en batterye;
- Vorige ervaring in tegniese verkope, buiteverkope, bemarking, besigheidsontwikkeling of die sonkragbedryf;
- ’n Bewese rekord van verkope en die ontwikkeling van nuwe besigheid;
- Ervaring met verskillende kliëntemarkte en bestaande sakekontakte sal ’n sterk aanbeveling wees;
- ’n Geldige rybewys en bereidwilligheid om te reis en kliënte te besoek.
Vaardighede:
- Goeie kommunikasie- en taalvaardighede in Afrikaans en Engels;
- Rekenaarvaardig (MS Office);
- ’n Kommersiële ingesteldheid, met die vermoë om selfstandig te werk, inisiatief te neem en verkoopsdoelwitte te bereik;
- Goeie algemene kennis van die landboubedryf;
- Sterk kommunikasie- aanbiedings, onderhandeling en verhoudingsvaardighede;
Verantwoordelikhede:
- Bemark en verkoop sonkragstelsels, batterystooroplossings en verwante energieprodukte;
- Identifiseer nuwe markte, genereer verkoopsleidrade en ontwikkel bestaande en nuwe kliënteverhoudings;
- Werk saam met die tegniese span om geskikte sonkragoplossings voor te stel;
- Stel kwotasies op, bied oplossings aan, onderhandel binne goedgekeurde riglyne en volg verkoopsgeleenthede aktief op tot afhandeling;
- Monitor markontwikkelings en mededingers, en identifiseer geleenthede om Olivia Energie se markaandeel te vergroot;
- Handhaaf akkurate verkoopsrekords en bereik ooreengekome verkoopsteikens.
OVK is ‘n gelyke geleenthede werkgewer. Ons moedig persone uit aangewese groepe, asook persone met gestremdhede, aan om aansoek te doen.
Main purpose of the position:
Build relationships. Develop markets. Provide smart energy solutions.