SUMMARY:
-
POSITION INFO:
SENIOR KANTOORBESTUURDER (TULBAGH) Roodezand Plaas, geleë in die pragtige Tulbagh-omgewing, is op soek na ’n ervare, georganiseerde en verantwoordelike Senior Kantoorbestuurder om ’n sleutelrol in die bestuur van personeel en administrasie te vervul. VERANTWOORDELIKHEDE: Loonadministrasie (Donkerhoekdata). Krediteure-administrasie, Beheer en kontroleer van bestellings en aflewerings, asook voorbereiding van betalings. Personeeladministrasie, insluitend werwing, diensbeëindigings, dienskontrakte, dissiplinêre optrede en griewe. Koördinering en help met voorbereiding van oudits en sertifiserings (GlobalG.A.P., Tesco, SIZA en Departement van Arbeid). Administrasie van voertuiglisensies Beserings aan diens. Algemene kantooradministrasie Administratiewe ondersteuning aan bestuur. MINIMUM VEREISTES: ’n Relevante tersiêre kwalifikasie sal as aanbeveling dien. 2–3 Jaar toepaslike werksondervinding, verkieslik in ’n landbou-omgewing. Geldige bestuurslisensie. Goeie rekenaarvaardigheid en kennis van administratiewe stelsels. Sterk syfervaardigheid en goeie begrip van finansiële administrasie. Uitstekende aandag aan detail en ’n hoë vlak van akkuraatheid. Goeie organisatoriese en probleemoplossingsvaardighede. Vermoë om selfstandig, verantwoordelik en noukeurig te werk. Praktiese ervaring met Donkerhoek-data en stukwerkadministrasie sal ’n beduidende voordeel inhou. Bewese ervaring met ouditvoorbereiding en -nakoming, spesifiek ten opsigte van GlobalG.A.P. en SIZA, sal sterk voorkeur geniet. AANSOEK SLUITINGSDATUM: 10 NOVEMBER 2026 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.
You'll apply on HR Management & Support Services (Pty) t/a The HR Department's own site before 31 January 2027. Put your most relevant experience at the top of your CV first.
Apply NowReal employers never ask you to pay to apply. How to spot a job scam